Ligging in Slowenië | Wapen |
Vlag | |
Land | Slowenië |
Koördinate | 46°03′N 14°30′O / 46.050°N 14.500°O |
Eerste historiese verwysing | 1144 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 163,8 vk km |
Hoogte bo seevlak | 295 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2015) | 278 789 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 702/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Zoran Janković (PS) |
Amptelike Webwerf | ljubljana.si |
Ljubljana (Sloweens: [ʎubˈʎa:nʌ], ; Duits soms ook: Laibach; Italiaans: Lubiana; Latyn: Labacum) is die hoofstad en grootste stad van Slowenië met 'n bevolking van 278 789 in 2015 en 'n oppervlakte van 163,8 km². Ljubljana is die kulturele, wetenskaplike, ekonomiese en administratiewe sentrum van die land. Die stad is aan die monding van die Ljubljana-rivier in die Sava, 'n sytak van die Donau, geleë. In 2021 is die werk van Jože Plečnik in Ljubljana as 'n mensgesentreerde stedelike ontwerp deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.